BY U IS EK VEILIG

 

TSAADIQ (RIGHTEOUS ONE)
EL-DEAH (GOD FKNOWLEDGE)
EL – ELYON (MOST HIGH)
EL – BERITH (GOD OF THE COVENANT)

 

EK VOEL MY JESUS

ALTYD HIER BY MY STAAN

NIKS EN NIEMAND SAL MY
LAAT WANKEL NIE
WANT HY IS HIER REG BY MY
DIS HOEKOM MY HART BLY IS
EN MY TONG JUBEL

NOG MEER OMDAT HY MY HOOP GEE
LEEF EK RUSTIG
EK WEET HY SAL MY GEES
NIE IN HADES LAAT VERGAAN NIE
OF TOELAAT DAT SY HEERLIKHEID
MY VERBY GAAN NIE
HY WYS MY DIE PAAIE

WAT NA DIE LEWE LEI

DANKIE JESUS, DANKIE YHWH, HEILIGE GEES

EK PRYS U NAAM

U IS HEILIG, BY U IS EK VEILIG
U BEWAAR MY, JA U WAAK OOR MY

ALLE KINDERS VAN DIE HERE

KOM SING TOT EER VAN HOM
SING LOFSANGE TOT EER
VAN SY HEILIGE NAAM
EER TOT HOM WAT DEUR
DIE EEU OUE HEMEL SWEEF
TERWYL SY MAGTIGE STEM
VIR EWIG VOORT WEERKLIK

 

VERKONDIG SY MAG EN MAJESTEIT

OOR DIE AARDE
SY MAG OOR DIE WOLKE
DIE ONTSAG IN SY HEMELRUIM
HY IS DIE GOD VAN
ABRAHAM, ISAK EN JAKOB
VANDAG OOK ONS GOD
DEUR DIE BLOED VAN ONS JESUS