Click here to Read my MEDIA RELEASE June 2013

Eloise Biografie

Eloise word gebore in Krugersdorp op 18 April 1969 en verhuis saam met haar ouers na Witrivier in Mpumalanga waar sy steeds vandag woonagtig is vanaf die ouderdom van 4 jaar.

Eloise begin sing op 16 en op 17 behaal sy 5 de plek in Crescendo en op 19 stel Transistor Musiek haar eerste Langspeel plaat vry.

Die produksie lewer treffers op soos La-france, Manolito, Snare van my kitaar en vele meer, Eloise verskyn op elke SAUK musiek program en artikels oor die sukses van haar musiek verskyn in vele dagblaaie en tydskrifte. Asook radio onderhoude regoor Suid – Afrika en Namibië.

Eloise verlaat egter die musiek bedryf en begin ‘n uiters suksesvolle promosie maatskappy in Nelspruit en bespreek kunstenaars om in die plaaslike teater op te tree, sy waag ook haar hand aan die Konstruksie bedryf en bereik ongekende hoogtes en sukses. Intussen studeer Eloise ook as Radio Omroeper en werk by die mikrofoon as omroeper vir Radio Laeveld vir ongeveer 6 jaar.

Die mark in die konstruksie bedryf draai egter en Eloise betree weer die musiek bedryf, maar die keer met haar passie, en dit is om vir die Here ‘n cd te maak tot eer van Sy Koninkryk.

31 Augustus 2012 staan Deon Van Der Merwe ‘n onderhoud aan Eloise toe en begin onmiddelik aan haar cd te werk, 22 Oktober 2012 is die cd klaar en Deon oorhandig die meester oor aan Eloise, 9 van die 10 snitte op Eloise se cd kom van uit haar eie pen met volle inspirasie van die Heilige Gees.

Die cd “LUISTER MY SIEL” beloof om groot salwing en luister genot te verskaf en is propvol diep woorde met opgewekte melodiëe…..liede wat praat met jou siel.

Eloise se musiek videos draai reeds oor Kruiskyk en Sy was reeds spesiale gas in programme soos Voete en Impak. Die kunstenaar sal ook eersdaags op KYKNET verskyn.

Die musiek videos en cd kan ook op haar webtuiste besigtig word by www.eloise888.com

 

 

Buy the album now

Join me on Twitter now

©2015 ALL RIGHTS RESERVED ELOISE888.COM | WEBSITE DESIGN BY ®EAGLE WEB DESIGN
 

Like my Facebook page

Go to my You Tube Channel to view my music videos and cd advert.